GET TOGETHER KOOK Die bevrediging van 'n uitgerekte ete saam met familie en vriende

Ons Takke en hulle Décor

Soos ons webwerf, is ons takke 'n ware weerspieëling van vervloë dae. Kom geniet 'n unieke en intieme tydjie saam met u familie en vriende. Ons beaam ons om elke oomblik van u Get Together ervaring spesiaal en kosbaar te maak.

Unieke Spyskaart

Die hoededoos word oop gemaak en ou tradisies word voorgesit met geregte uit die verlede wat met ‘n moderne aanslag bedien word. Ons nooi kliënte uit om ons spyskaart met disse van toeka-tot-nou op die proef te stel.

Spesiale Funksies

Get Together is die ideale oplossing vir verjaarsdag partytjies ooievarstees, kombuistees of as jy ‘n spesiale geleentheid wil vier. Jou tafel word vir jou gedek en versier teen geen ekstra koste en boonop vra ons ook nie ‘n besprekingsfooi nie.

Uitsonderlike Diens

“Ons nooi jou vir ‘n intieme kuier en eetervaring en dra ons kliënte op die hande. Diens en persoonlike aandag is vir ons belangrik.”


Ons unieke SPYSKAART - Ou tradisies met geregte uit die verlede. Eenvoudige maar heerlike kos

Laai nuutste Spyskaart af - oF - Wys my Meer!

Meer oor ons

Hierdie eg-Vrystaatse koffiewinkel word nie verniet deur van haar Afrikaanse klante “Saamkom Kaffee” genoem nie. Get Together is soveel meer as net nog een van Bloemfontein se vele eetplekke. Dit is ‘n kuierplek...’n saamkomplek, ‘n ware plaasgevoel-lekker plek...En net soos dit ‘n besonderse winkel betaam, het dit ‘n besonderse storie...

Antonette Piek het besluit om een van haar drome na te volg. Sy gaan ‘n koffiewinkel oopmaak, het sy vasberade gedink. So maak sy toe die eerste Get Together by die Engen Crossing in Bloemfontein oop. Klein begin! Sy was die kelner, die bestuurder, die alles...Maar die Vrystaters het gou verlief geraak op hierdie koffiewinkel met ‘n verskil. Vandag is daar drie Get Together-takke in Bloemfontein. Antonette is die eienares van die takke by Engen Crossing en die Sentrale Universiteit van Tegnologie terwyl Grey Together tak gefranchise is.

Die dekor bestaan uit allerhande oudhede. Elke klant kry ‘n gratis sappie en ‘n verrassinkie met die rekening...bo en behalwe die goeie pryse!

Dit is die ideale bymekaarkomplek vir daardie spesiale funksie. Van ‘n ooievaarstee tot ‘n vyftigste verjaardag-makietie...Noem dit en hulle doen dit met spesiale aandag. Get Together-koffiewinkels is die plek vir groot feesgeeste.

Get Together se ander projek is ook enig in sy soort. Hul eie koffiehuis-koerantjie is in 2006 gebore. Oep vi Kloek is by al die takke beskikbaar en sluit die interessantste brokkies in...’n Onderhoud met ‘n bekende persoonlikheid hier en ‘n heerlike reseppie daar verskaf leesstof vir enige klant se smaak. So, of jy nou lus is vir Maria se Vetkoek, iets uit die Broodblik of Krummelpap...by Get Together kry die stadsjappie ‘n kans om te ontsnap!

*Uitreksel (met wysigings) uit Passi 2

  Onthou 'n piekniek laat mense tot stilstand kom en daar is weer tyd om die stilte te hoor....  

Antonette - Eienaar

Laai die nuutste Oep vi Kloek publikasie hier af


Where will your next "Get Together" be?

 

 

 

 


Our exceptional menu caters for every taste and pallete